Nuwe rolspeler wil voedsel in Afrika verwerk
Aanvraag sal teen 2030 verdriedubbel
“Die vraag na voedsel in Afrika neem toe: Die mark vir voedsel en niealkoholiese drankies sal teen 2030 verdriedubbel en die middelklas sal van 123 miljoen tot meer as ’n miljard mense teen 2060 styg,” sê Roland Decorvet, uitvoerende hoof van Philafrica Food. Dié nuutgestigte maatskappy is deel van Afgri Group Holdings, ’n beleggingsmaatskappy met verskeie belange in ’n aantal landbouverwante maatskappye.
Philafrica Foods se hoofkantoor in Suid-Afrika bedryf onder meer mielie- en koringmeulens, ’n oliepers en veevoeraanlegte. Sy fokus is op beleggings in voedselontwikkeling in Afrika. Dit sluit die ontwikkeling van nuwe terreine en projekte vir voedselproduksie in. Die maatskappy wil ook strategiese verkrygings in lande soos die Ivoorkus, Ghana, Ethiopië, Kenia en Nigerië doen.
“Ons glo daar is ongelooflike geleenthede gegewe die robuuste vraag van verbruikers in Afrika asook van die internasionale markte,” sê Decorvet.
(https://d3rp5jatom3eyn.cloudfront.net/assets/image rolspeler-wil-voedsel-in-afrika-verwerk2017- 10-130.jpg)
Hy wys daarop dat Afrika suid van die Sahara oor miljoene hektaar landbougrond met hoë potensiaal beskik.
“Tog word minder as 10% daarvan bewerk en ons doelwit is om oor die volgende 25 jaar die transformasie van die
landbousektor van bestaansboerdery na ’n netto uitvoerder van voedsel te ondersteun.” Uitdagings
Een van die uitdagings om die landbousektor in Afrika te ontwikkel, is dat dit so moeilik is vir groot multinasionale maatskappye om onverwerkte landbouprodukte in die hande te kry.
“Ons rol is om hierdie toedrag van sake te verander en ons glo die doeltreffendste wyse is om vraag van die mark se kant te skep deur voedselverwerking op groot skaal aan te pak.”
Hy sê om dié doelwit te bereik, wil Philafrica Foods vertikale integrasie tot by die plaashek toepas.
“Ons werk nou saam met kleinskaalse boere om ’n groter verskeidenheid oeste te kweek, gee tegniese bystand en help hulle om op die hoogte te bly van die jongste markneigings en beste praktyke.”
In elke land word gekyk na maniere om ingevoerde landbouprodukte te vervang met produkte wat plaaslik verbou word.
Die maatskappy maak baie staat op die kundigheid en vermoë wat reeds in Suid-Afrika opgebou is, om ook beste praktyk elders te vestig.
In Suid-Afrika is hy betrokke by ontwikkelingsprojekte saam met kleinboere in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap.
“Ons kyk ook na vennootskappe met rolspelers in die verskaffingsketting wat ’n betroubare vennoot soek om na markte in Afrika uit te brei.” – Netwerk24
Source: Sakenuus – 13 October 2017